genoeg vir 2

  • 45 ml olyfolie
  • 2 gerookte kasslertjops, in blokkies gesny
  • 200 g bevrore baba-ertjies (petit pois)
  • 4 eiers
  • 50 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • kanola-olie
  • 4 wiele romerige fetakaas
  • 80 g baba-slaaiblare van jou keuse
  • parmesaankaas vir voorsit (sowat 10 g per persoon) 

Verhit olyfolie tot warm in braaipan en roerbraai vleisblokkies tot goudbruin en bros. Voeg ertjies by en braai nog ’n minuut of twee. Verhit oond tot 180 °C. Klits eiers en melk saam in mengbak. Geur met sout en peper. Verhit bietjie kanola-olie in kleefvrye braaipan. Gooi helfte van eiermengsel in pan. Gebruik ’n eierspaan en trek gaar eier na binne terwyl rou eier inloop waar jy die gaar eier weggetrek het. Sprinkel helfte van vleis en feta oor eier en plaas pan in warm oond. Bak vir 5 minute of tot gaar. Verwyder uit oond en pak ’n paar slaaiblare op een helfte van die omelet. Gebruik eierspaan en vou ander helfte van omelet met een beweging bo-oor. Herhaal met oorblywende eiermengsel en vulsel. Plaas gevoude omelette op opdienbord en rasper parmesaankaas oor. Sit voor.