maak 12 blokkies

  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 125 ml fyn klapper
  • 125 g (135 ml) botter, in blokkies gesny
  • 125 ml bruinsuiker koue water

KARAMEL

  • 125 g (135 ml) botter, in blokkies gesny
  • 2 x 365 g-blikke kondensmelk
  • 80 ml gouestroop
  • 100 g donkersjokolade, gekap

Verhit oond tot 180 °C. Plaas meel, klapper, botter en bruinsuiker in die bak van ’n elektriese menger. Pols by hoë spoed tot tekstuur van fyn sand. Terwyl menger loop, gooi water geleidelik by tot alles in een bal saamkom. Spuit broodpan van 15 x 20 cm goed met kleefwerende kossproei. Plaas deeg in pan en druk stewig vas. Bak vir 10-12 minute of tot goudbruin. Haal uit oond en laat afkoel. Plaas botter, kondensmelk en gouestroop vir karamel in middelslagpot oor lae hitte. Roer tot mengsel kookpunt bereik. Hou aan roer en laat kook vir 8-10 minute tot ligte karamel vorm (soos koffie met melk), maar wees versigtig dat die karamel nie brand nie. Gooi mengsel oor brosbrood en smeer gelyk. Laat stol in yskas vir 1 uur. Smelt sjokolade in glasbak oor kastrol met pruttende water. Moenie dat die bak aan die water raak nie. Gooi gesmelte sjokolade oor karamel en laat stol weer in yskas. Keer uit en sny met skerp mes in blokkies. Opsioneel: Jy kan fyn sout oorsprinkel.