genoeg vir 1 tert

  • 60 ml botter
  • 100 g (125 ml) strooisuiker
  • 100 ml water
  • 4 klein appels, ontklok en gehalveer
  • 1 x 400 g-rol blaardeeg
  • 230 g-houer aangesuurde room (crème fraîche), vir voorsit
  • 200 g klapperkoekies, gekrummel

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, strooisuiker en water in ronde oondvaste braaipan van 25 cm. Verhit oor hoë hitte tot suiker gesmelt is. Plaas appelhelftes in stroop met gesnyde kante na bo. Hou aan kook tot goue karamel vorm. Moenie roer nie, maar skud pan elke nou en dan liggies heen en weer om te meng. Verwyder van hitte, plaas oopgerolde blaardeeg bo-op appels en druk stewig vas. Sny deeg wat oorhang netjies af. Plaas in oond en bak vir sowat 20-25 minute of tot deeg mooi goudbruin is. Laat effens afkoel en keer dan met een vinnige beweging uit op dienbord. Sit voor met room en koekiekrummels vir tekstuur.