genoeg vir 4

  • 3 x 170 g-blikke tuna in water, gedreineer
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 10 agurkies, fyngerasper
  • 250 ml mayonnaise
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 60 ml botter
  • 1 suurdeegbrood, in stukke geskeur
  • 1 groot komkommer

Meng tuna, knoffel, agurkies en mayonnaise saam. Geur goed met sout en peper. Verhit botter tot warm in groot braaipan en braai broodstukke tot goudbruin en bros. Gebruik groentesnyer en sny komkommer in lang linte. Plaas linte op opdienbord en krummel gebraaide broodstukke oor. Skep tunamengsel op komkommer en sit voor.