genoeg vir 6

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml komynsaad
  • 20 ml fyn koljander 
  • 30 ml vinkelsaad
  • 3 lourierblare
  • sade van 6 kardemompeule
  • 45 ml borrie
  • 60 ml masala
  • 60 ml matige kerriepoeier
  • 1 x 200 g-boksie tamatiepuree (passata)
  • 1 x 400 ml-blik klappermelk
  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • 1 kg kort lamskenkels (shin)
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 220 °C. Verhit olyfolie in ’n middelslag-pot tot goed warm – ek gebruik ’n 30 cm-pot sodat die vleis nie so opmekaar lê nie en gouer gaar word. Voeg ui en knoffel by en roerbraai 2 minute of tot dit begin verbruin. Voeg al die speserye by en verlaag die hitte. Roerbraai 5 minute of tot lekker geurig. As dit lyk of die speserye wil begin brand, gooi ’n klein bietjie water by. Voeg tamatiepuree by en roerbraai nog 1 minuut. Voeg klappermelk en tamaties by. Laat weer opkook en plaas lam in sous. Geur goed met sout en peper en plaas met deksel op in oond. Bak 80-90 minute of tot lam goudbruin en gaar is en van die been af val. Sit voor met rys en jogurt.

SARIE KOS Winter