Lam-en-ertjiesop

Met geure uit Noord-Afrika belowe ek die sop gaan jou hart steel. Dis maklik om te maak en vra min moeite!

genoeg vir 6

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 15 ml fyn koljander
  • 10 ml fyn komyn
  • 10 ml kaneel
  • 500 g lamsvleisblokkies
  • 2 x 400 g-blik tamaties
  • 50 g split-droë ertjies
  • 1 000 ml bees of lamsvleis-aftreksel
  • 1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer en doppe verwyder
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  •  handvol koljander, fyngekap 

Stel die Instant Pot op Sauté (hoogste stelling). Voeg olyfolie by pot. Voeg uie by en braai vir 2 minute.

RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange
RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange

Voeg koljander, komyn en kaneel by. Braai nog 1 minuut. Voeg vleis by en braai tot goudbruin.

RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange
RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange

Voeg tamaties, split-ertjies, aftreksel en kekeretjies by. Maak pot toe. Verstel pot op HIGH PRESSURE-stelling vir 45 minute.

RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange
RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange

Laat stoom ontsnap en maak pot oop. Roer net voor ete gekapte koljander by. As sop te dik is, roer nog aftreksel by. Sit voor met gestoomde brood.

RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange
RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange

Gestoomde roosmarynbrood

Het jy al ooit gestoomde brood gemaak? Dis heerlik. Veerlig en die perfekte pasmaat vir enige sop. Met Instant Pot word hy binne minute gaar! 

genoeg vir 1 brood

  • 15 ml olyfolie
  • 250 g (445 ml) broodmeel
  • 10 ml koeksoda
  • 5 ml sout
  • 310 ml ongegeurde jogurt
  • 100 ml water
  • 2 takkies roosmaryn

Smeer 18 cm-losboompan goed met olyfolie. Meng meel, koeksoda en sout saam. Voeg jogurt en water by en meng tot gladde beslag – hy gaan nie soos brooddeeg kniebaar wees nie.

RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange
RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange

Skep deeg in koekpan. Sprinkel roosmaryn oor deeg.

RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange
RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange

Maak hele pan toe met stuk tinfoelie, maak seker die pan seël dig. Plaas stoomrakkie in die Instant Pot en gooi 250 ml kookwater in die pot.

RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange
RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange

Plaas die geseëlde pan bo-op die rakkie. Maak pot toe en stel die pot op HIGH PRESSURE vir 25 minute.

RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange
RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange

Laat stoom ontsnap en lig brood uit. Laat effens afkoel en sit voor saam met sop.

RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange
RESEP Herman Lensing FOTO Michael le Grange

Meer oor die Instant Pot:

Die Instant Pot se ingeboude sensors en programme verseker dat jy elke keer ’n bord kos maak wat perfek gaar en geurig is. Die toestel onthou selfs vorige resepte en pas aan by jou manier van kook. Dit help jou om gesonde en ’n wye verskeidenheid kos vinnig gaar te maak. Van kaaskoek en risotto tot beesstertpotjie! Jy sal ook nie ’n tekort aan idees hê nie, want die Instant Pot se Facebook-gemeenskap deel daagliks resepte en wenke. 

Die Instant Pot is beskikbaar by Yuppiechef.com en @home-winkels, geprys van R2 199

Instant Pot
Instant Pot