genoeg vir 4

  •  groot GLAD-baksakkie
  • 2 uie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 cm vars gemmer, fyngerasper
  • 30 ml matige kerriepoeier
  • 20 ml masala
  • 2 x 410 g-blikke klappermelk
  • 410 g-blik gekapte tamatie
  • 410 g-blik tamatiepuree (nie die gekonsentreerde tamatiepasta)
  • 1 kg kort lamskenkels
  • sout en varsgemaalde swartpeper 1 hand vol vars koljander
  • gaar rys vir voorsit
  • ongegeurde jogurt vir voorsit

Verhit oond tot 160 °C. Plaas al die bestanddele behalwe die koljander in ’n groot baksakkie. Maak sak toe volgens aanwysings op verpakking. Plaas in oondroosterbak in warm oond en rooster vir 2 uur of tot lam sag en gaar is. Knip sak oop en roer koljander deur. Sit warm voor met gestoomde rys en jogurt.