genoeg vir 8

  • 400 g macaroni
  • 60 ml botter
  • 60 ml meel
  • 500 ml melk
  • 100 g (250 ml) cheddarkaas, gerasper
  • 4 eiergele
  • 250 g chorizo-wors, in skywe gesny
  • 400 g kersietamaties, gehalveer
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 80 ml parmesaankaas, fyngerasper

Verhit oond tot 180 °C. Kook pasta volgens aanwysings op pak. Maak intussen die sous: Smelt botter in ’n middelslagpot en voeg meel by. Roer met ’n draadklitser totdat meel deur botter geabsorbeer is. Gooi melk op een slag by en klits totdat meel deur melk versprei is. Hou aan met klits oor lae hitte totdat witsous dik en gaar is, so 5-10 minute. Verwyder van hitte en voeg cheddarkaas en eiergele by. Roer totdat kaas gesmelt is. Voeg chorizo en tamaties by. Dreineer pasta en meng sous deur. Geur met sout en peper. Gooi in patroonpan met volume van 2 liter wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 20 minute of tot goudbruin. Keer uit en sprinkel parmesaan oor. Sit warm voor.