genoeg vir 60 stukke

1,5 kg bruismeel
400 g (500 ml) strooisuiker
10 ml fyn kaneel
10 ml anyssaad
5 ml wonderpeper (allspice)
100 g donkersjokoladesplinters
6 eiers
500 ml karringmelk
250 g (270 ml) botter, gesmelt

Verhit oond tot 180 C. Plaas meel, suiker, speserye en sjokolade in groot mengbak en meng. Meng eiers, karringmelk en botter saam. Maak holte in middel van droë bestanddele. Gooi vloeistof in holte en meng saam tot deeg vorm – die beslag is baie klam. Spuit drie broodpanne van 15 x 20 cm met kleefwerende kossproei. Verdeel deeg in bolletjies so groot soos gholfballe. Pak bolletjies twee-twee langs mekaar in panne. Bak vir 35-40 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel tot koud. Keer uit en breek stukke beskuit los van mekaar. Verhit oond tot 80 C. Voer groot bakplaat uit met bakpapier en plaas afkoelrakkie bo-op. Pak beskuit op rakkie en plaas in oond vir 3-4 uur of tot droog.