genoeg vir 6

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 15 ml botter
  • 250 ml melk
  • 410 g mieliepitte, gedompel in kookwater vir 1 minuut en gedreineer
  • sowat 500 ml sonneblomolie

Sif droë bestanddele saam. Vryf botter daarby in. Voeg melk by en meng goed. Voeg mielies by en meng goed. Verhit olie. Om te toets wanneer die olie reg is, skep ’n klein stukkie deeg in die warm olie. As die deeg mooi stadig bruin braai, is dit reg. Draai die hitte laer wanneer die vetkoeke begin verbruin. Dit braai sowat 10 minute om regdeur gaar te word. Dreineer op kombuispapier. Sit voor met soet sojasous of enige ander doopsous van jou keuse.