Genoeg vir 12

  • 12 eiers
  • 30 ml geroomde peperwortel (creamed horseradish)
  • 125 ml mayonnaise
  • 6 agurkies, gerasper
  • 2 takkies vars dille, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 radyse, in papierdun skywe gesny

Bring groot pot met water tot kookpunt en plaas eiers in water sodra dit begin kook. Kook vir 7 minute as jy jou eiers mediumsag verkies. Laat eiers afkoel en dop af. Halveer eiers en skep eiergele met teelepel uit. Plaas gele in mengbak en voeg peperwortel, mayonnaise, agurkies en dille by. Geur goed met sout en peper. Meng tot romerige mengsel. Skep mengsel in spuitsak met stertuit en spuit vulsel terug in eierhelftes. Plaas op dienbord. Sit voor met radyse.