genoeg vir sowat 32 stukke

500 g (540 ml) botter, gesmelt
500 ml karringmelk
2 eiers
1 kg volkoringbruismeel
15 ml bakpoeier
375 ml sagte bruinsuiker
375 ml muesli
250 ml hawermout
250 ml fyn klapper
125 ml sonneblomsaad

Verhit oond tot 180 °C. Meng botter, karringmelk en eiers tot gladde mengsel in middelslagbak. Plaas meel, bakpoeier, suiker, muesli, hawermout en klapper in groot bak en meng saam. Voeg sonneblomsaad en karringmelkmengsel by en meng tot deeg vorm. Voer oondpan van 27 x 36 cm met bakpapier uit. Plaas deeg in pan en druk plat met vingerpunte. Gebruik skerp mes en sny beskuitporsies in rou deeg – jy kan self besluit hoe groot. Bak vir 35-40 minute of tot goudbruin en gaar. Laat beskuiteffens afkoel en keer uit. Verhit oond tot 80 C. Sny stukke beskuit los waar jy gemerk het. Voer groot bakplaat uit met bakpapier en plaas afkoelrakkie bo-op. Pak beskuit op rakkie en plaas in oond vir 3-4 uur of tot droog.