genoeg vir 4

  • 45 ml olyfolie
  • 8 beesskenkels
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies
  • 4 selderystingels, gesny
  • 250 ml rooiwyn
  • 500 ml beesaftreksel
  • 500 ml water
  • 1 x 410 g-blik tamatiepuree
  • 5 lourierblare
  • 45 ml gerookte paprika
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 400 g pasta van jou keuse
  • 50 g parmesaankaas, gerasper

Verhit oond tot 120 °C. Verhit olyfolie tot warm in groot oondvaste pot en braai skenkels tot goudbruin. Voeg ui, knoffel, seldery, rooiwyn, beesaftreksel, water, tamatiepuree, lourierblare en paprika by. Geur goed met sout en peper. Plaas deksel op pot en rooster 6 uur of oornag tot vleis sag is. Haal vleis uit pot en trek met ’n vurk in fyn rafels. Voeg van die potsous by tot ’n lekker klam vleismengsel vorm. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Voeg pasta by vleis en meng deur. Plaas in opdienbak en sprinkel parmesaankaas oor. Sit voor.