genoeg vir 25 - 30
- 250 g (445 ml) koekmeel
- 1 ml sout
- 5 ml fyn kaneel
- 2 ml fyn gemmer
- 1 ml fyn naeltjies
- 2 ml koeksoda
- 100 g (110 ml) botter
- 100 ml gemaalde amandels
- 150 g (190 ml) suiker
- 1 klein eier
- 25 ml soetwyn
- heel amandels
Verhit oond tot 200 °C. Sif meel, sout, kaneel, gemmer, naeltjies en koeksoda saam. Vryf botter in. Voeg amandels en suiker by. Klits eier en wyn saam en voeg by meelmengsel. Maak aan tot ’n stywe deeg. Bedek met kleefplastiek en laat oornag of ’n paar uur in die yskas staan. Rol deeg dun uit op ’n meelbestrooide werkvlak en sny koekies met ’n driehoek-koekiedrukker of een van jou keuse uit. Plaas koekies op bakplate wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is. Druk ’n heel amandel bo-op elke koekie vas. Plaas in oond en bak vir 8-10 minute. Haal uit en laat afkoel. Bêre in ’n lugdigte houer. Jy kan dit voorsit met ingelegde groenvye, druiwe en muskadel.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET