maak 12 skywe

  • 200 g Cream Crackers (24 koekies)
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 125 ml vlapoeier
  • 1 liter melk
  • 80 g botter, in blokkies gesny
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 100 g witsjokolade, gesmelt

Voer ’n bak met ’n deursnee van 20 x 15 cm en sowat 2 cm diep met kleefplastiek uit. Pak eerste laag Cream Crackers onder in die bak – die breeklyne van die beskuitjies moet in dieselfde rigting wys. Plaas nou suiker, vlapoeier, melk, botter en vanielje in mikrogolfbestande bak en meng. Mikrogolf op hoog vir 10-15 minute – roer elke 2 minute om klonte te voorkom. Sodra mengsel dik en gaar is, verwyder uit mikrogolfoond en giet oor beskuitjies in bak. Gooi stadig sodat die beskuitjies nie rondskuif nie en smeer gelyk. Pak oorblywende beskuitjies boop vla, maar maak seker die breeklyne is in dieselfde rigting as dié van die onderste beskuitjies. Laat stol oornag in yskas. Giet gesmelte sjokolade oor en laat stol. Keer uit en sny in blokke so groot soos jy verkies – gebruik breeklyne as riglyn. Sit voor.