genoeg vir 4

  • 800 g pampoenblokkies
  • 250 g spek, in blokkies
  • 45 ml olyfolie
  • 2 brandrissies, gekap
  • 20 ml heel komynsaad
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 g gekoopte gnocchi
  • 500 ml room
  • 100 g pekanneute, grofgekap
  • vars basilieblare vir voorsit

Verhit oond tot 200 °C. Plaas pampoen en spek op bakplaat en sprinkel olyfolie, brandrissie en komyn oor. Geur goed met sout en peper. Plaas in oond en bak 20 minute of tot pampoen sag en gaar is. Kook gnocchi volgens aanwysings op pak terwyl pampoen bak. Verwyder pampoen uit oond en plaas in groot pot saam met room. Bring tot kookpunt en verpulp met staafmenger tot romerige sous vorm. Voeg neute by en geur goed met sout en peper. Dreineer gnocchi en voeg by sous. Garneer met vars basilie en sit warm voor.