genoeg vir 6-8

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 25 ml koekmeel
  • 5 ml sout
  • 5 ml fyn kaneel
  • 60 g botter, gesmelt
  • 750 ml fyngemaakte gaar pampoen
  • 1 koppie (250 ml) room
  • 3 eiers
  • 100 g gevlokte amandels
  • 10 ml fyn kaneel
  • 100 g gemmerkoekies, fyngemaak

Verhit oond tot 150°C. Sif droe¨ bestanddele saam in ’n mengbak. Voeg botter, pampoen, room en eiers by en meng goed. Skep in gesmeerde tertbak van so 30 x 25 cm en plaas in oond. Die tert bak so 1 1⁄2 uur. Maak intussen die amandelkrummels: Verhit braaipan tot warm en droogbraai amandels tot goudbruin. Voeg kaneel en koekie-krummels by en braai 1 minuut of tot geurig. Haal gaar tert uit oond en strooi amandelkrummels oor. Sit voor.