genoeg vir 1 koek

3 eiers

2 eierwitte

60 g fyn amandels

60 g versiersuiker

20 g koekmeel

15 ml botter, gesmelt

15 ml gelatienpoeier

30 ml water

1 x 360 g-blik karamelkondensmelk

250 ml room

2 x 50 g Peppermint Crisp-sjokolades, fyngerasper

200 ml sjokoladesous van jou keuse

Verhit oond tot 180 °C. Voer rolkoek-pan van 30 x 15 cm met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Klits 3 eiers by hoë spoed vir 8-10 minute of tot dik skuimmengsel vorm. Klits eierwitte tot sagte punte vorm in aparte bak. Vou eierwitte by eiergeelskuim in met groot metaallepel. Voeg amandels, versiersuiker, koekmeel en botter by en vou dit versigtig by eierskuim in – die skuim is wat die sponskoek laat rys. Gooi mengsel in uitgevoerde pan en smeer gelyk. Bak vir 12-15 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel in pan. Keer uit. Voer 15 x 7 cm-broodpan met kleefplastiek uit. Sny sponskoek in 4 stukke van 15 x 7 cm. Sprinkel gelatien oor water en laat staan eenkant vir 1 minuut. Smelt karamel oor hoë hitte. Verwyder van hitte en voeg geweekte gelatien by. Roer tot glad. Laat afkoel tot kamertemperatuur, maar nie tot gestol nie. Klits room tot stywe punte vorm en vou by karamel in. Plaas ’n reep sponskoek in uitgevoerde pan. Skep van mengsel op sponskoek en smeer gelyk. Sprinkel ¼ van ment- sjokolade oor. Plaas tweede laag spons- koek bo-op en skep nog ’n van mengsel op koek, gevolg deur ¼ van mentsjokolade. Herhaal met res van bestanddele en eindig met sponskoek. Hou die mentsjokolade wat oorbly eenkant. Laat stol in yskas vir 4-6 uur of oornag. Keer uit op opdienbord en verwyder kleefplastiek. Skep sjokolade-sous oor en sprinkel oorblywende mentsjokolade oor. Sit voor.