genoeg vir een tert

  • 1 x basiese piesangbrood-resep (sien onder)
  • 4 groen appelsroomys of room vir voorsit

SOUS

  • 10 ml karamelgeursel
  • 250 ml ingedampte melk
  • 200 g (250 ml) suiker

Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n ronde tertpan met ’n deursnee van 25 cm goed met kleefwerende kossproei. Maak basiese beslag aan volgens resep vir basiese piesangbrood. Skep beslag in pan. Ontklok appels en sny in dunskywe. Versprei appelskywe eweredig oor beslag. Plaas in oond en bak vir 30-35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. SOUS Plaas al die bestanddele vir die sous in ’n middelslagpot. Bring tot kookpunt en roer tot suiker opgelos is. Gooi warm sous oor tert sodra dit uit die oond kom. Sit voor met roomys van jou keuse of geklopte room.

Basiese Piesangbrood

Ek het grootgeword met die resep en hy stel nooit teleur nie. Dit kom uit een van my ma se baie ou kookboeke wat in 1984 verskyn het, Kos en Kookkuns, saamgestel deur die Volksraad, departement onderwys en kultuur. Die boek het net R18,35 gekos!

genoeg vir 1 broodjie

  • 120 g (130 ml) sagte botter
  • 150 g (160 ml) suiker
  • 2 eiers
  • 4 ryp piesangs
  • 15 ml suurlemoensap
  • 240 g (430 ml) koekmeel
  • 2 ml sout
  • 5 ml koeksoda
  • 30 ml melk

Verhit jou oond tot 180 °C. Klits botter en suiker saam tot lig en romerig in’n elektriese menger. Voeg eiers een vir een by en klits elke keer goed. Verpulp piesangs in ’n voedselverwerker en voeg suurlemoensap by. Sif droë bestanddele saam en voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel. Skep beslag in ’n goed gesmeerde broodpan. Plaas in oond en bak vir 1 uur. Toets met ’n toetspen of hy gaar is – die toetspen moet droog uitkom – voor jy die brood uit die oond haal. Laat effens afkoel en keer uit. Sit voor met botter.