genoeg vir 24

2 ryp piesangs, fyngedruk

100 ml louwarm melk

30 ml strooisuiker

80 g (85 ml) botter, gesmelt

1 eier

1 x 10 g-sakkie kitsgis 350 g (625 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol

100 g pekanneute, fyngekap

sonneblomolie vir diepbraai

250 ml fyn klapper

100 ml versiersuiker

knippie kaneel

1 x 360 g-blik karamelkondensmelk

Plaas piesangs, melk, suiker, botter, eier, gis, koekmeel en neute in elektriese menger se bak. Klits by hoë spoed met mengspaan (K-beater) tot alles in een bal saamkom. Sit deeg in skoon bak. Maak toe met kleefplastiek en laat rys 45-60 minute op ’n warm plek of tot dubbel die volume. Sprinkel meel op werkvlak, keer deeg uit en gebruik jou vingerpunte om deeg tot so 1 cm dik plat te druk. Druk met ’n ronde koekiedrukker van so 3 cm in deursnee sirkels uit. Plaas deegsirkels op ’n bakplaat wat met meel besprinkel is en laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume, sowat 15-20 minute. Verhit intussen die sonneblomolie tot warm en plaas deegsirkels in warm olie. Braai sowat 2-3 minute per kant of tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Meng klapper, versiersuiker en kaneel. Rol warm doughnuts in klappermengsel. Skep kondensmelk in spuitsak met 5 mm-skerprandtuit. Maak ’n gaatjie met mes se punt in kant van doughnut en spuit kondensmelk in. Sit voor met ekstra kondensmelk.