genoeg vir een vierlaagkoek

  • 1 x basiese piesangbrood-resep (sien onder)
  • versiersuiker vir rol
  • fyn kaneel vir sprinkel

VULSEL

  • 6 eiergele
  • 130 g (150 ml)
  • strooisuiker
  • 45 ml koekmeel
  • 45 ml mielieblom
  • 600 ml melk

Verhit oond tot 180 °C. Spuit twee ronde koekpanne met ’n deursnee van 20 cm met kleefwerende kossproei en voer pan uit met bakpapier. Maak basiese beslag aan volgens resep vir basiese piesangbrood. Verdeel beslag tussen die twee panne. Plaas in oond en bak vir 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Terwyl koek bak, maak vulsel: Meng eiergele, strooisuiker,meel en mielieblom saam met helfte van melk tot glad. Bring res van melktot kookpunt en gooi oor eiermengsel terwyl jy klits. Gooi mengsel deur ’n sif terug in pot en klits oor lae hitte tot gladde, dik mengsel, soos witsous. Gooi mengsel in skoon bak en plaaskleefplastiek op oppervlak van mengsel. Laat afkoel tot koud en gestol. Skep mengsel in spuitsak met ’n 5 mm skerprandtuit. Keer koeke uit pan wanneer dit afgekoel is en verdeel elke koek in twee lae. Rol elke koeklaag se sykant in versiersuiker. Plaas eerste laag op ’n bord en bedek hele laag met kleinspuitjies van die vulsel. Plaas tweede koeklaag bo-op en bedek weer met spuitjies vulsel. Herhaal tot al die lae op is. Eindig met spuitjies vulsel bo-op. Sprinkel kaneel oor en sit voor.

Basiese Piesangbrood

Ek het grootgeword met die resep en hy stel nooit teleur nie. Dit kom uit een van my ma se baie ou kookboeke wat in 1984 verskyn het, Kos en Kookkuns, saamgestel deur die Volksraad, departement onderwys en kultuur. Die boek het net R18,35 gekos!

genoeg vir 1 broodjie

  • 120 g (130 ml) sagte botter
  • 150 g (160 ml) suiker
  • 2 eiers
  • 4 ryp piesangs
  • 15 ml suurlemoensap
  • 240 g (430 ml) koekmeel
  • 2 ml sout
  • 5 ml koeksoda
  • 30 ml melk

Verhit jou oond tot 180 °C. Klits botter en suiker saam tot lig en romerig in’n elektriese menger. Voeg eiers een vir een by en klits elke keer goed. Verpulp piesangs in ’n voedselverwerker en voeg suurlemoensap by. Sif droë bestanddele saam en voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel. Skep beslag in ’n goed gesmeerde broodpan. Plaas in oond en bak vir 1 uur. Toets met ’n toetspen of hy gaar is – die toetspen moet droog uitkom – voor jy die brood uit die oond haal. Laat effens afkoel en keer uit. Sit voor met botter.