genoeg vir 4-6

  • 250 ml appelkooskonfyt
  • 250 ml grondboontjiebotter
  • 16 snye brood, korsies verwyder
  • 4 eiers
  • 200 ml melk
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 75 g (80 ml) botter vir braai
  • 100 g (125 ml) kaneelsuiker heuning vir voorsit

Meng konfyt en grondboontjiebotter. Pak brood op werkvlak en rol met koekroller oor brood om snye effens platter en langer te maak. Smeer gerolde brood ruim met konfytmengsel. Rol broodsnye op in stywe rolletjies. Meng eiers, melk en vanieljegeursel in vlak bak. Week broodrolletjies vir 2 minute in eiermengsel. Verhit botter tot warm in braaipan. Braai rolletjies 1-2 minute per kant of tot goudbruin reg rondom. Verwyder uit pan en rol in kaneelsuiker. Sit voor met heuning.