125 ml rosyntjies

350 g (625 ml) koekmeel

1 x 10 g-sakkie kitsgis

5 ml sout

50 g (60 ml) suiker

125 ml louwarm melk

4 eiers

115 g (125 ml) botter

100 g sjokoladesplinters

SOUS

310 ml water

100 g (125 ml) suiker

100 ml wit rum

125 ml lemoensap

sjokoladevla vir voorsit

Plaas al die bestanddele vir die koek in elektriese menger se bak en klits by hoë spoed met mengspaan tot alles in een bal saamkom. Plaas in skoon mengbak wat gesmeer is met olie. Laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 1 uur. Spuit ’n 30 cmpatroonpan (Bundt) met volume van 2 liter met kleefwerende kossproei. Gooi beslag wat gerys het in pan en versprei eweredig. Plaas pan weer op warm plek en laat rys tot beslag die pan gevul het. Terwyl beslag rys, verhit oond tot 180 °C. Plaas pan met beslag in oond en bak 30-35 minute of tot goudbruin en gaar. Terwyl koek bak, kook al die bestanddele vir die sous saam. Verwyder koek uit oond en gooi warm stroop oor. Laat afkoel en keer uit op opdienbord. Sit louwarm voor met vla. 

Lees die res van die artikel in die nuutste SARIE KOS Winter 

SARIE KOS Winter 2018