genoeg vir 4

  • 1 koppie (375 ml) rys
  • 1 koppie (375 ml) bruinrys
  • 1,5 liter hoenderaftreksel
  • 125 ml olyfolie
  • 30 ml heuning
  • 45 ml korrelmosterd
  • 45 ml witwynasyn
  • hand vol vars koljander, gekap
  • 6 wiele fetakaas, in blokkies gesny
  • 2 grasuie, gekap
  • 1 pers-ui, fyngesny
  • 400 g kersietamaties, gehalveer
  • 3 wortels, geskil en in blokkies gesny
  • 125 g granaatpitte
  • sout en varsgemaalde swartpeper 

Kook twee soorte rys saam in aftreksel tot sag en gaar – so 15-20 minute. Laat afkoel. Meng olyfolie, heuning, mosterd, asyn en koljander vir slaaisous en hou eenkant. Plaas gaar rys in groot mengbak en voeg fetakaas, grasuie, pers-ui, tamaties, wortels en granaatpitte by. Gooi slaaisous oor en geur met sout en peper. Meng deur. Smeer patroonpan van jou keuse met olie en skep rysslaai in pan. Druk stewig vas. Plaas die opdienbord bo-op die pan en draai albei gelyktydig om. Lig pan van rys af en sit voor.