genoeg vir 10 – 12

KARAMELSOUS

  • 60 g fudge, in blokke gebreek
  • 125 ml room

SJOKOLADEKOEK

  • 140 g (250 ml) meel
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 40 g (100 ml) kakao
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 eier
  • 2,5 ml sout
  • 125 ml karringmelk
  • 125 ml sonneblomolie
  • 2,5 ml vanieljegeursel
  • 125 ml kookwater

CRE`ME CARAMEL

  • 1 x 385 g-blik kondensmelk
  • 250 ml room
  • 3 eiers
  • 175 g Bulgaarse jogurt

KARAMELSOUS Plaas fudge en room in kastrol. Laat fudge smelt oor lae hitte. Roer nou en dan. Laat afkoel.

SJOKOLADEKOEK Verhit oond tot 150 °C. Spuit ’n ringpan (volume van 1,4 liter) met kleefwerende kossproei. Plaas al die bestanddele in elektriese menger se mengbak en meng by medium-spoed.

CRÈME CARAMEL Klits al die bestanddele in ’n mengbak.

SAMESTELLING Gooi karamelsous in voorbereide koekpan. Skep sjokoladekoek-deeg bo-op sous. Gooi cre`me caramel op die sjokoladekoek-deeg. Moenie bekommerd wees as die lae meng nie. Plaas koekpan in groot oondbak en gooi kookwater in bak tot so halfpad teen koekpan se rand op. Plaas in oond en bak 1 uur. Die sjoko-ladekoek-gedeelte kan dalk oopbars, maar dis reg so. Toets met dun pennetjie of dit gaar is en haal uit oond. Laat in koekpan afkoel tot by kamertemperatuur. Plaas in yskas vir sowat 2 uur. Sit voor met vars appellies.