genoeg vir 24 soene

  • 2 eierwitte
  • 125 g (150 ml) strooisuiker
  • 10 ml amandelgeursel
  • 30 ml wit asyn
  • 125 ml room
  • 100 g donkersjokolade, fyngekap
  • 50 g pistasieneute, fyngekap

Verhit oond tot 140 °C. Klits eierwitte in elektriese menger tot sagte punte vorm. Gooi strooisuiker geleidelik by en hou aan klits tot blink en styf. Voeg geursel en asyn by, en klits tot gemeng. Skep meringue-mengsel in spuitsak met stertuit van 1 cm. Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Spuit meringue-rosette van so 2 cm in deursnee op die bakplaat. Bak vir 15-20 minute of tot bros maar steeds sag binne. Laat afkoel op bakplaat. Bring room tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Laat afkoel in yskas tot gestol. Skep teelepels vol van sjokolademengsel op onderkant van helfte van die meringues. Plak res van meringues op sjokolade om soen te vorm. Sprinkel neute oor en sit voor.