genoeg vir 6-8

  • 6 eiergele
  • 100 g (125 ml) strooisuiker
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 100 ml sjokoladelikeur
  • 2 x 250 g-bakkies mascarpone by kamertemperatuur
  • 250 ml room
  • 200 ml baie sterk koffie, by kamertemperatuur
  • 30 vingerbeskuitjies (Boudoir)
  • 250 ml sjokoladesous
  • 100 g donkersjokolade
  • kakao vir oorsif

Bring pot met water tot kookpunt en verlaag hitte tot stadige prut. Plaas eiergele, strooisuiker, vanielje en helfte van likeur saam in mengbak wat oor pot sal pas. Moenie dat die bak aan die water raak nie. Klits mengsel oor warm water met elektriese klitser tot eiers lig en skuimerig is, so 8-10 minute. Verwyder van hitte en hou aan klits tot mengsel koud is. Terwyl menger loop, skep mascarpone lepel vir lepel by eiermengsel en klits tot glad. Hou eenkant. Klits room tot sagte punte vorm en vou by eiermengsel in. Meng koffie en res van likeur. Doop koekies vinnig in koffie en pak ’n laag in bak met ’n deursnee van 30 cm en so 3 cm diep. Skep helfte van sjokoladesous oor, gevolg deur helfte van mascarponemengsel. Smeer gelyk. Rasper sjokolade oor, pak nog ’n laag koekies wat in koffie gedoop is bo-op, gevolg deur res van sjokoladesous. Eindig met oorblywende mascarponemengsel. Plaas in yskas vir 4 uur. Sif kakao oor en sit voor.