genoeg vir 6-8 

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml heel komynsaad
  • 30 ml heel vinkelsaad
  • 20 ml fyn koljander
  • 3 lourierblare
  • 6 kardemompeule, oopgebreek
  • 45 ml borrie
  • 60 ml masala
  • 60 ml kerriepoeier
  • 16 hoenderstukke
  • 1 x 400 ml-blik klappermelk
  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper
Kap die uie en knoffel fyn

Kies Sauté-funksie op jou Instant Pot® om die pot warm te maak. Voeg olie by pot en verhit. Voeg ui en knoffel by en roerbraai 2 minute of tot dit begin verbruin. Voeg al die speserye by. Roerbraai 5 minute of tot lekker geurig.

Roerbraai die knoffel, uie en speserye

As dit lyk of die speserye wil begin brand, gooi ’n klein bietjie water by. Voeg hoenderstukke by en braai vir 2-3 minute.

Voeg water en hoender by

Voeg klappermelk en tamaties by. Geur goed met sout en peper.

Voeg tamatie en klappermelk by

Maak pot toe (maak seker hy sluit dig). Kies Pressure Cook-funksie en stel die tyd op 15 minute. Wanneer die tyd verby is, laat die stoom uit die pot ontsnap. Sit warm voor met rys en jogurt.

Kook tot gaar

Meer oor die Instant Pot®

Die Instant Pot® maak wêreldwyd opslae! Hoekom? Dis nou die één kombuistoestel wat byna alles kan doen. Dis ’n 7-in-1-pot: ’n drukkoker, ryskoker, stomer, soteerpan, opwarmer en jogurtmaker alles in een.

Boonop is hierdie toestel ook slim, want ingeboude sensors en programme verseker dat jy elke keer ’n bord kos gaan kook wat perfek gaar is. Dit onthou selfs vorige resepte en pas aan by jou manier van kook.

Die Instant Pot® help jou om gesonde en ’n wye verskeidenheid kos vinnig gaar te maak. Van kaaskoek tot risotto in onder 30 minute!

Jy sal ook nie ’n tekort aan idees hê nie, want die Instant Pot® se Facebook-gemeenskap van 1,5 miljoen deel daagliks resepte en wenke. Laai die gratis Instant Pot®-resepteboek af en maak ’n wêreld van moontlikhede oop.

Die Instant Pot® (R1,999) is beskikbaar by Yuppiechef, in @Home-winkels en aanlyn.

Sluit aan by Instant Pot® se Facebook-gemeenskap vir wenke, inspirasie en resepte!