genoeg vir 6

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 cm vars gemmer, geskil en fyngerasper
  • 250 g spekblokkies
  • 380 g (500 ml) arboriorys
  • 125 ml droe¨ witwyn
  • 1,5 liter hoenderaftreksel
  • 100 g (110 ml) botter
  • 50 g parmesaankaas, fyngerasper, plus ekstra vir voorsit
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 eiers
  • 30 ml wit asyn

Verhit olyfolie tot warm in groot pot. Voeg ui, knoffel, gemmer, spek en rys by. Roerbraai so 1-2 minute of tot uie begin verbruin. Gooi wyn by en roer tot wyn weggekook het. Voeg 500 ml aftreksel by en meng deur. Maak pot toe en laat kook vir 5 minute of tot rys vloeistof geabsorbeer het. Herhaal met res van aftreksel 500 ml op ’n slag. Sodra al die vloeistof geabsorbeer is, verwyder van hitte en voeg botter en parmesaan by. Roer tot romerige mengsel. Proe en geur met sout en peper. Posjeer nou eiers: Vul pot met water so 2 cm diep. Gooi asyn by en verhit tot water prut. Breek eiers een vir een in water en posjeervir 2-3 minute vir sagte eiers of langer as jy harder gele verkies. Vir voorsit: Skep lepels vol risotto op elke dienbord. Plaas geposjeerde eier bo-op en sprinkel ekstra parmesaan oor. Sit dadelik voor.