Springmielie-en-sjokoladeroomys 

genoeg vir 8

100 g gevlokte amandels

2 liter vanieljeroomys

100 g karamelspringmielies

100 g donkersjokolade, gerasper

24 baie klein meringues (sien onder)

200 ml witsjokoladesous

Rooster amandels in warm pan vir sowat 5 minute tot goudbruin – roer elke nou en dan. Laat afkoel. Versag roomys in groot mengbak met houtlepel en voeg springmielies en sjokolade by. Meng deur. Skep in patroonkoekpan met volume van 2,5 liter. Smeer gelyk en vries oornag. Doop pan vinnig in kookwater en keer uit op dienbord. Druk meringues op roomys vas en gooi sjokoladesous oor. Sit voor. 

Meringues: 

maak 35

8 eierwitte

250 g (300 ml) strooisuiker

200 g (380 ml) versiersuiker, gesif

100 g fyn amandels

25 g (50 ml) mielieblom, gesif

100 g fyn amandels

kakaopoeier vir oorsif

Verhit oond tot 120 °C. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en klits strooisuiker bietjiesbietjies by tot die mengsel styf is. Klits verder terwyl jy versiersuiker bietjies-bietjies bygooi. Vou amandels en mielieblom versigtig in. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep of spuit meringues (besluit self hoe groot – ek stel voor so 5 mm) op die bakplaat. Sif kakao oor. Plaas in oond en bak 1 uur of tot bros. Laat afkoel op plaat. Sit voor.