genoeg vir 6

  • 3 groot eierwitte
  • 145 g (180 ml) strooisuiker
  • 125 ml glukosestroop of -poeier
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 1 liter sjokoladeroomys
  • 500 ml melk
  • 12 Marie-koekies

Plaas eierwitte, strooisuiker, glukosestroop en vanielje in ’n bak wat op ’n pot sal pas – die pot moet ’n bietjie water inhê wat prut, maar die bak moenie aan die water raak nie. Klits met elektriese handklitser tot mengsel dik raak en stywe punte vorm. Haal bak af van pot en hou aan klits tot mengsel koud is. Skep in spuitsak met stertuit van 2 cm. Plaas roomys en melk in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot romerige melkskommel. Verdeel tussen ses glase van jou keuse. Krummel koekies oor. Spuit groot wolk meringue bo-op. Brand vinnig bruin met kombuisblaasvlam of sit net so voor.