genoeg vir 6

  • 45 ml olyfolie
  • 250 g blokkies spek
  • 100 g pekanneute, grofgekap
  • 125 ml room
  • 45 ml balsemasyn
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • 500 g kersietamaties, gehalveer
  • sout en varsgemaalde peper
  • 400 g rosmarino-pasta (pastarys)
  • 60 ml botter
  • 1 x Franse baguette-brood, in growwe stukke gebreek

Verhit olyfolie tot warm in groot braaipan. Voeg spek by en roerbraai tot goudbruin en bros. Voeg neute by en braai nog 2 minute. Gooi room, asyn, rooi-ui en brandrissie by en bring tot kookpunt. Verwyder van hitte en voeg tamaties by. Geur goed met sout en peper. Maak pasta gaar volgens