Hierdie resep kom van die Skandinawiërs af. Hulle maak dit tradisioneel met rogbrood, maar hier by ons maak ons dit met gewone potbrood van die supermark.

genoeg vir 6

* 3 x 230 g-bakkies roomkaas

* 125 g botter, by kamertemperatuur

* gerasperde skil van 2 suurlemoene

* 6 hardgekookte eiers, afgedop en geel en wit geskei

* 2 potbrode, horisontaal in skywe gesny soos koeklae

* sout en varsgemaalde swartpeper

* kruie en eetbare blomme vir versiering

Meng roomkaas, botter, suurlemoenskil en eierwitte saam tot gladde mengsel. Plaas een laag brood op dienbord. Smeer laag roomkaasmengsel op brood. Geur goed met sout en peper. Herhaal met al die lae brood en eindig met skoon broodlaag. Smeer oorblywende roomkaasmengsel rondom broodkoek. Jy kan ook van die mengsel gebruik om rosette bo-op om die rand van koek te spuit. Versier verder met kruie en eetbare blomme.