genoeg vir 4

  • 4 takkies roosmaryn, fyngekap
  • 250 ml suiwer lemoensap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 45 ml gerookte paprika
  • 60 ml heuning
  • 150 ml olyfolie
  • ’n knippie saffraan
  • 12 varktjops
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Meng al die bestanddele vir die marinade saam. Pak tjops in ’n vuurbestande glasbak en geur goed met sout en peper. Gooi marinade oor en maak bak toe met kleefplastiek. Laat marineer 8 uur in yskas, maar verkieslik oornag. Kry kole mediumwarm en braai tjops stadig tot goudbruin en gaar terwyl jy dit elke nou en dan omdraai. Plaas tjops terug in marinade sodra dit gaar is. Plaas die bak met tjops op die kole en bring tot net onder kookpunt. Sit dadelik voor.