maak 1 koek van 22 cm

  • 1 pakkie (200 g) sjokoladeklapperkoekies, fyngemaak
  • 50 g (120 ml) botter, gesmelt
  • 800 g roomkaas
  • 300 g crème fraîche
  • 180 g (215 ml) strooisuiker
  • 40 g (70 ml) koekmeel
  • 4 eiers
  • 200 g witsjokolade, gesmelt
  • sade van 4 kardemompeule

Verhit oond tot 120 °C. Meng koekiekrummels en botter tot mengsel soos klam sand lyk. Spuit ’n losboomkoekpan van 22 cm in deursnee met kleefwerende kossproei en druk krummels stewig op bodem vas. Gooi res van bestanddele in die bak van ’n elektriese menger en klits tot glad. Sit koekpan met kors in ’n oondbak en vul oondbak tot halfpad teen pan met kookwater. Giet kaaskoekmengsel oor krummels en bak vir 90 minute of tot gestol soos jellie. Laat kaaskoek tot kamertemperatuur afkoel in die water en laat stol verder in die yskas. Verwyder rand en sit voor met vars bessies.