Alles-in-een-varksop

genoeg vir 4 - 7

20 ml sonneblomolie

300 g varkboud of –blad, in blokkies gesny

2 uie, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

2 stingels seldery, grofgekap

1 patat, geskil en grofgekap

4 wortels, geskil en gerasper

1 liter hoender- of groente-aftreksel

2 – 3 lourierblare

250 ml gedroogte sopmengsel

500 ml kool of spinasie, grofgekap

sout en peper na smaak

1. Braai die vark in olie in ’n groot pot oor medium hitte tot ligbruin.

2. Voeg uie, knoffelhuisies en seldery by en braai tot sag.

3. Voeg patat en wortels by en braai vir twee minute. Voeg aftreksel, lourierblare en voorbereide sopmengsel by.

4. Bring tot kookpunt en prut met die deksel op vir 1 uur of tot die vark sag is.

5. Voeg die kool en spinasie by en laat prut vir 10 – 15 minute.

6. Geur goed met sout en peper. Sit varksop voor met broodrolletjies.

Wenke: Vir ’n pittige weergawe kan jy 10 – 15 ml kerrie of paprika by voeg wanneer jy die wortels braai. Vir ’n luukse weergawe kan jy room of suurrom in die sop meng voor jy dit voorsit.  

 

Gestoofde vark met vars groente 

genoeg vir 4 – 7

30 ml kookolie

550g – 1kg varkvleis, in blokkies gesny

1 bakkies sampioene, gehalveer

2 rooisoetrissies, pitte uitgehaal en in blokke gesny

1 knoffelhuisie, fyngekap

5 ml vleisspeserye

200 ml warm water

250 ml hoenderaftreksel

250 ml kool, grofgekap

4 – 6 murgpampoentjies, gekap

250 ml brocolli- en koolblomme

varsgemaalde sout en peper

5 ml mielieblom

125 ml suurroom of room (opsioneel)

1. Braai varkblokkies in die olie tot ligbruin. Haal uit pot en hou eenkant.

2. Braai sampioene en soetrissies vir twee minute, voeg knoffel en vleisspesery by en braai vir een minuut.

3. Voeg gebraaide varkblokkies by en garneer met sout en peper. Voeg water en die helfde van die hoenderaftreksel by. Prut vir 25 minute oor lae hitte.

4. Plaas kool, murgpampoentjies, broccoli, blomkool en die oorblywende hoenderaftreksel in die pot. Prut tot die groente sag is.

5. Verdik die bredie met mielieblom en water, tot die sous dik is en die groente gekook.

6. Voeg suurroom of room by en meng goed. Bedien warm saam met pap of rys.