Leer ken die kiep:

Leer ken die hoender

1. Heel: Oondbraai is een van die beste gaarmaakmetodes. Dit geur die vleis en maak die vel lekker bros.

2. Borsie: Geneig om ’n bietjie droog te wees wanneer dit oorgaar gemaak word, maar beslis een van die gewildste en veelsydigste snitte. Panbraai of oondbraai lewer die beste resultate. Ook lekker gestoom of geposjeer.

3. Dye: Die vleis is donkerder en geuriger as die borsie en is veral lekker wanneer dit by ’n hoe¨ temperatuur in die oond gaargemaak word. Koop dit ook ontbeen vir bredies en kerries.

4. Boudjie: Die´ deel is ook donker en geurig, maar het minder vleis as die dye. Jy kan dit diepbraai of bak. Dis ook ’n snit wat jy ontbeen en gevul kan voorsit, soos cordon bleu.

5. Vlerkies: ’n Gewilde peuselhappie wat by hoe¨r temperature (bo 200 °C) gebak of oondgebraai kan word. Gebruik dit ook om aftreksel en sop te maak.

*Pootjies Nie ’n deel wat algemeen gee¨et word nie, maar wat beslis te min gebruik word. Dit maak heerlike aftreksel. Oondbraai eers goudbruin in ’n warm oond voor jy dit kook vir die aftreksel.

Klik op die gereg se naam om na die volle resep te gaan!

Satay-hoendervlerkies FOTO: Willem Lourens

Satay-hoendervlerkies

Die sous van grondboontjiebotter is die geheim van hierdie gereg. Maak genoeg en sit die oorskiet voor as doopsous saam met vlerkies.

Klik hier vir die resep

Warm kekerertjie-en-hoenderslaai FOTO: Willem Lourens

Warm kekerertjie-en-hoenderslaai

’n Heerlik anderste manier om hoender voor te sit.

Klik hier vir die resep

Hoender-en-komkommerrolletjies FOTO: Willem Lourens

Hoender-en-komkommerrolletjies

’n Lekker ligte aandete.

Klik hier vir die resep

Indiese hoenderkerrie FOTO: Willem Lourens

Indiese hoenderkerrie

Die maklikste manier van kerrie maak as jy lus het vir kos vol geur.

Klik hier vir die resep

Parmesaan-en-saliekrummelhoender FOTO: Willem Lourens

Parmesaan-en-saliekrummelhoender

Daai Vrydagaand-bederf wat altyd welkom gaan wees op die spyskaart.

Klik hier vir die resep

5-spesery-kebabs met radys-en-wortelslaai FOTO: Willem Lourens

5-spesery-kebabs met radys-en-wortelslaai

Die geurige mengsel van speserye is ’n vinnige manier om kos smaak te gee.

Klik hier vir die resep