Resepte:

  • Tamatie-en-spek
  • Frittata-‘brood’ met krulkool, spek en forel
  • Pampoen-en-blomkool-frittata
  • Kerriewortels-en-fetafrittata-kolwyntjies
  • Murgpampoentjie-en-ertjie-frittata
Tamatie-en-spek FOTO: Michael la Grange

Tamatie-en-spek

Ek gebruik graag ricotta-kaas in ontbytgeregte. Dis lekker lig en neutraal van smaak.

Genoeg vir 4

  • 45 ml kanola-olie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 150 g maer spek, gekap
  • 200 g gerookte forel, fyngevlok
  • 6 eiers
  • 60 ml laevet-melk
  • 10 ml bakpoeier
  • 10 krulkoolblare (kale), gehalveer
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in kleefvrye oondvaste braaipan van 25 cm. Roerbraai ui, knoffel en spek 5–8 minute of tot spek bros is. Klits eiers, melk, bakpoeier, sout en peper saam tot glad. Gooi eiermengsel in pan by gebraaide ui en spek. Meng deur en haal af van stoof. Krummel ricotta oor en pak tamaties op. Geur goed met sout en peper. Plaas pan in oond en bak frittata 15–20 minute of tot uitgepof en gaar.

MAAK SÓ KLAAR: Maak gaar frittata los met eierspaan en skud met gly-aksie uit pan tot op opdienbord. Sit voor met slaai van jou keuse.

ONTLEDING PER PORSIE: kilojoules 1 588; koolhidrate 10,6 g; proteïen 17,5 g; vet 21,2 g

Frittata-‘brood’ met krulkool, spek en forel FOTO: Michael la Grange

Frittata-‘brood’ met krulkool, spek en forel

’n Klassieke kombinasie vir ontbyt. Jy kan ook gerookte makriel of snoek gebruik. Bak dit in ’n broodpan en sny in skywe.

Genoeg vir 6

  • 45 ml kanola-olie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 150 g maer spek, gekap
  • 200 g gerookte forel, fyngevlok
  • 6 eiers
  • 60 ml laevet-melk
  • 10 ml bakpoeier
  • 10 krulkoolblare (kale), gehalveer
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in braaipan en roerbraai ui, knoffel en spek tot goudbruin en bros. Hou eenkant. Spuit ’n broodpan van 22x11 cm goed met kleefwerende kossproei. Skep gebraaide spekmengsel onderin pan en pak forelvlokkies bo-op. Klits eiers, melk en bakpoeier saam tot glad en gooi in pan. Druk krulkool bo-op eiermengsel tot hele oppervlak bedek is. Bak 25–30 minute of tot gestol.

MAAK SÓ KLAAR: Verwyder uit oond en laat staan 5 minute. Maak los met slaplemmes en keer uit. Sit voor met slaai van jou keuse.

ONTLEDING PER PORSIE: kilojoules 930 koolhidrate 5,9 g proteïen 16,3 g vet 11,2 g

Pampoen-en-blomkool-frittata FOTO: Michael la Grange

Pampoen-en-blomkool-frittata

Die geheim van die resep is om die groente lekker goudbruin te braai in die oond. Dit gee geur en smaak aan die eindproduk.

Genoeg vir 4

  • 200 g botterskorsie-blokkies
  • 200 g blomkoolstukke
  • 30 ml komynsaad
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml kanola-olie
  • 1 rooi-ui, in skywe gesny
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 6 eiers
  • 60 ml laevet-melk
  • 10 ml bakpoeier
  • vars kruie vir garnering

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botterskorsie en blomkool op bakplaat en sprinkel komyn oor. Geur goed met sout en peper. Oondbraai 20–25 minute of tot groente goudbruin en sag is. Verhit olie in kleefvrye oondvaste braaipan van 25 cm. Roerbraai ui en knoffel tot goudbruin en geurig. Klits eiers, melk en bakpoeier saam tot glad. Gooi by ui-mengsel in pan en roer deur.

MAAK SÓ KLAAR: Pak gebraaide groente bo-op eiermengsel en plaas pan in warm oond. Bak 15–20 minute of tot uitgepof en gaar. Maak gaar frittata los met eierspaan en skud met gly-aksie uit pan tot op opdienbord. Garneer met vars kruie en sit voor.

ONTLEDING PER PORSIE: kilojoules 1 086; koolhidrate 6,8 g; proteïen 11,6 g; vet 18,3 g

Kerriewortels-en-fetafrittata-kolwyntjies FOTO: Michael la Grange

Kerriewortels-en-fetafrittata-kolwyntjies

Glo my, jy gaan nog en nog van dié een skep!

Genoeg vir 12

  • 45 ml kanola-olie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 cm gemmer, fyngerasper
  • 45 ml geroosterde masala
  • 30 ml kerriepoeier
  • 3 wortels, grofgerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 eiers
  • 60 ml laevet-melk
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 wiele feta, in blokkies gesny

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in braaipan en roerbraai ui, knoffel, gemmer, masala en kerriepoeier 2–3 minute of tot geurig. Voeg wortels by en roerbraai nog 8–10 minute of tot wortels sag en pap is. Geur goed met sout en peper. Klits eiers, melk en bakpoeier saam tot glad. Spuit 12 holtes van standaard-muffinpan met kleefwerende kossproei. Verdeel feta en gebraaide wortels tussen holtes en vul met eiermengsel. 

MAAK SÓ KLAAR: Plaas pan in warm oond en bak frittata 20–25 minute of tot uitgepof en gaar. Laat staan 5 minute. Maak los met slaplemmes en keer uit. Sit voor met slaai van jou keuse.

ONTLEDING PER KOLWYNTJIE: kilojoules 323; koolhidrate 1,7 g; proteïen 15,4 g; vet 5g

Murgpampoentjie-en-ertjie-frittata FOTO: Michael la Grange

Murgpampoentjie-en-ertjie-frittata

Ek is gek oor groen groentes en ek soek altyd ’n manier om dit deel te maak van my spyskaart.

Genoeg vir 4

  • 6 murgpampoentjies
  • 30 ml kanola-olie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 200 g ertjies
  • 6 eiers
  • 60 ml laevet-melk
  • 10 ml bakpoeier
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • hand vol vars kruie vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Gebruik ’n skerp mes en sny murgpampoentjies in ringe van sowat 5 mm dik. Verhit olie in ’n kleefvrye oondvaste braaipan van 25 cm. Roerbraai ui, knoffel, ertjies en murgpampoentjies 5–8 minute of tot groente sag is, maar nie pap nie. Skep groente uit pan. Verhit dieselfde pan weer tot warm oor hitte. Klits eiers, melk, bakpoeier, sout en peper saam tot glad. Gooi eiermengsel in pan en skep gebraaide groente bo-op. Plaas in oond en bak 15–20 minute of tot uitgepof en gestol. 

MAAK SÓ KLAAR: Maak gaar frittata los met eierspaan en skud met gly-aksie uit pan tot op opdienbord. Garneer met vars kruie en sit voor met groenslaai.

ONTLEDING PER PORSIE: kilojoules 1 081; koolhidrate 13,1 g; proteïen 14 g; vet 14,7 g