Die lekkerste snit vleis om ’n regte winterkerrie te maak.

genoeg vir 6

• 60 ml botter

• 10 (1,5 kg) lam-kortribbetjies, in helfte gesny

• 60 ml gerookte paprika

• 2 uie, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 30 ml vinkelsaad

• 45 ml masala

• 2 x 410 g-blikke kersietamaties

• 45 ml bruinsuiker

• 250 ml lamaftreksel

• 250 ml witwyn

• sout en varsgemaalde swartpepepr

• 1 x 400 g-blik botterbone, gedreineer

Verhit oond tot 160 °C. Verhit botter tot warm in middelslagpot. Rol ribbetjies in paprika en plaas met vetkant na onder in warm pot. Braai 8 – 10 minute of tot vet goudbruin is. Verwyder ribbetjies uit pot. Plaas ui, knoffel, vinkel en masala in pot en roerbraai 5 – 8 minute of tot ui begin verbruin.Voeg res van bestanddele by ui en speserye en bring tot kookpunt. Plaas ribbetjies terug in sous vetkant na bo. Geur goed met sout en swartpeper. Maak toe met foelie en plaas in oond vir sowat 1 uur of tot vleis van die been afval. Verwyder uit oond en roer bone by. Sit voor.