(6 – 8 porsies)

  • 1 x 500 g madeirakoek
  • 1 x 400 g-blik karamel (as jy Spaanse dulce de leche in die hande kan kry, gebruik dit!)
  • 250 ml room
  • 200 g donkersjokolade
  • 100 g pistasieneute, gekap
  • 300 g vars aarbeie

Sny met ’n skerp mes die madeirakoek horisontaal in 4 dun snye. Verdeel karamel tussen koeksnye en maak 2 karamel-“toebroodjies”. Plaas room en sjokolade saam in ’n mengbak en smelt oor ’n pot kookwater. (Jy kan dit ook in jou mikrogolfoond doen, roer net elke 30 sekondes.) Kap pistasieneute fyn. Voer ’n broodpan van 15 cm x 10 cm met kleefplastiek uit. Plaas een karamel-“toebroodjie” onderin pan. Gooi dik laag van sjokolademengsel bo-oor, gevolg deur ’n laag gekapte pistasieneute. Herhaal proses en eindig met sjokolade. Plaas in yskas om te stol, sowat 3 – 4 uur of oornag. Keer uit op opdienbord en sit vars aarbeie bo-oor. Sit voor met sterk koffie.