broodbakkies

  • 4 snye vars witbrood, korsies afgesny
  • 60 ml botter, gesmelt

Verhit oond tot 200 °C. Gebruik ’n groot muffinpan (volume sowat 250 ml elk) en smeer 4 van die holtes goed met botter. Smeer elke sny brood goed met oorblywende botter. Druk brood stewig in die pannetjies in soos op foto. Rooster vir 10 – 15 minute in die oond tot goudbruin en bros. Maak intussen die roereier.

  • 8 eiers
  • 50 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 40 ml botter
  • 200 g gerookte forel
  • vars dille-takkies

Klits eiers en room goed saam. Geur met sout en swartpeper. Smelt botter in ’n pan - hou die hitte van die stoofplaat laag. Gooi die geklitste eiers in die pan en laat staan vir ’n rukkie - moenie dadelik roer nie. Wanneer die eiers begin gaar word, gee jy elke nou en dan ’n roer. Haal die pan van die plaat af terwyl die eiers nog lekker romerig is en roer tot baie sag. Skep onmiddellik in die broodbakkies en plaas gerookte forel bo-op elkeen. Rond af met ’n takkie vars dille.

Om te drink
Graham Beck Brut NV vonkelwyn of hul nuwe brut Rosé NV.