(6 porsies)

  • 6 hardgekookte eiers
  • 3 rooi en 3 geel soetrissies
  • olyfolie
  • 6 ansjovis-filette
  • 100 g swart olywe
  • vars basiliekruid
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Sny die soetrissies in die helfte en verwyder die pitte. Plaas op ’n bakplaat met die velkant na bo en bedruip met olyfolie. Bak in ’n warm oond teen 180° C vir 20 minute. Laat koud word en trek die velletjie af. Rangskik die soetrissies op ’n groot dienbord of plaas dit op individuele borde. Sny die eiers in kwarte en rangskik bo-op die soetrissies. Sit die olywe en ansjovis-filette bo-op en breek die basiliekruid in stukke. Sprinkel nog olyfolie oor en maal vars swartpeper oor. Laat elke gas self met sout geur.