(12 blokke)

  • 230 g (250 ml) botter
  • 120 g donkersjokolade
  • 4 eiers
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 1 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel
  • 420 g (500 ml) strooisuiker
  • 135 g (240 ml) koekmeel
  • 2 ml sout

Roomkaas-bolaag

  • 500 g roomkaas
  • 135 g (160 ml) strooisuiker
  • 2 eiers
  • 5 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 160 °C.

Voer ’n pan van 35 x 25 cm uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Smelt botter en sjokolade saam oor matige hitte.Voeg eiers, vanieljegeursel, kleursel en suiker by. Klits goed. Voeg meel en sout by. Meng tot gladde mengsel. Gooi in uitgevoerde pan.

Roomkaas-bolaag

Klits al die bestanddele saam tot goed gemeng. Skep lepels vol van die mengsel bo-op die koekbeslag tot alles opgebruik is. Meng ru-weg met lepel se agterkant tot dit soos marmer lyk. Bak vir 35 – 40 minute of tot net gestol. Haal uit oond en laat effens afkoel. Sit in yskas tot heeltemal afgekoel en keer uit. Sny in 12 blokke. Sit voor.