(10 – 12 porsies)

  • 500 ml vla van goeie gehalte
  • 250 ml roomkaas
  • 1 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel
  • 30 ml kakaopoeier

Gooi al die bestanddele in ’n elektriese menger en klits op hoë spoed tot glad. Gooi mengsel in vriesbestande bak en sit in vrieskas vir sowat 30 minute. Haal uit en klits met draadklitser tot ’n gladde mengsel. Sit terug in vrieskas en klits dan elke 20 minute liggies tot mengsel heeltemal bevrore, maar nog sag, is. Smeer plat en laat vries tot heeltemal gestol. Skep balle roomys en sit voor.

Wenk

Jy kan ook gekapte donkersjokolade byroer net voor die roomys heeltemal gevries is.