6 porsies

  • 1 bottel (750 ml) rooiwyn – verkieslik cabernet sauvignon
  • 1 kaneelstok
  • 3 peperkorrels
  • 250 ml melk
  • 250 ml room
  • 105 g (130 ml) suiker
  • 4 eiergele
  • knippie sout
  • 2 ml vanieljegeursel

Gooi wyn in ’n kastrol. Voeg kaneel en peperkorrels by. Bring tot kookpunt en laat oor lae hitte afkook tot sowat ’n halwe koppie. Dit neem so 1 uur. Bring melk, room en helfte van suiker tot net by kookpunt in ’n ander kastrol. Klits eiergele en voeg van die warm melk-en-room geleidelik by. Gooi terug in kastrol saam met res van suiker, sout en vanieljegeursel. Klits afgekookte rooiwyn by en laat afkoel. Gooi deur ’n sif. Plaas in jou roomysmaker en volg instruksies, of gooi in ’n vlak bak wat in die vrieskas kan gaan. Bevries, en roer elke
uur tot yskristalle afgebreek is.

Om te drink
Plaisir de Merle Ca-bernet Sauvignon