(12 – 16 porsies)

• 1 x basisresep (ongebak)

• 30 ml kakaopoeier

• 30 ml warm melk

• 1 liter koffieroomys (of enige ander van jou keuse)

Verhit oond tot 180 ?C. Skep ’n koppie vol van die mengsel uit en hou eenkant. Spuit ekstragroot kolwyntjiepanne (24 holtes) met kleefwerende kossproei. Skep res van mengsel in holtes tot ? vol. Meng kakao en melk saam tot gladde pasta. Voeg by mengsel wat eenkant gehou is en meng goed. Verdeel dit nou tussen die kolwyntjie-holtes wat reeds gevul is. Gebruik die agterkant van ’n mes en vou dit versigtig twee keer in sodat dit ’n marmereffek vorm. Bak vir 12 – 15 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en keer uit. Sny elke kolwyntjie in die helfte en skep balle roomys op een helfte. Plaas oorblywende helfte bo-op en druk stewig vas. Sit voor.