(6 porsies)

  1. 400 g bevrore gemengde bessies
  2. 45 ml versiersuiker
  3. sap en skil van 1 suurlemoen
  4. 300 ml Bulgaarse jogurt
  5. 5 ml vanieljegeursel
  6. 100 ml vodka
  7. 6 hout-roomysstokkies

Plaas bessies, versiersuiker, sap en skil van suurlemoen in middelslag-pot. Bring tot kookpunt en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 5 minute of tot bessies pap is. Verpulp in voedselverwerker en gooi mengsel deur ’n sif om van pitte ontslae te raak. Meng jogurt, vanielje en vodka. Gooi eers ’n dun lagie bessiemengsel onder in elke roomysvormpie, gevolg deur ’n dun lagie jogurtmengsel. Hou so aan tot vormpies gevul is. Druk houtstokkies in en sit in vrieskas. Vries vir 6 – 8 uur of tot hard. Haal uit vorm en sit voor.

Wenk

Kyk by kombuiswinkels vir goedkoop roomysvorms. As jy nie sulke vorms het nie, kan jy die roomys in leë jogurthouertjies vries.