6 porsies

  • 30 g botter
  • 20 ml vars roosmaryn, fyngekap
  • 1 kg baba-aartappels
Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter in ’n pan en voeg roosmaryn by. Laat kook vir 3 – 4 minute. Plaas aartappels in oondroosterbak en gooi die roosmaryn-botter oor.Oondrooster vir 30 – 40 minute. Haal uit en laat afkoel. Maak aartappels fyn en druk in ’n vierkantige vorm. Om te verhit, plaas op ’n gesmeerde bakplaat in die warm oond vir sowat 10 minute.