(6 porsies)

  • 600 ml louwarm water
  • 10 g sout
  • 1 x 10 g-sakkie kitsgis
  • 20 ml heuning of suiker
  • 45 ml olyfolie
  • 1 kg koekmeel
  • plaasbotter
  • konfyt van jou keuse
  • verouderde cheddarkaas, gerasper

Sit water, sout, gis, heuning/suiker en olie in 'n mediumgroot mengbak en meng goed. Voeg meel geleidelik by terwyl jy met 'n houtlepel roer totdat 'n stywe, kniebare deeg vorm. Voeg ekstra meel by as deeg te nat is. Knie vir sowat 10 minute op 'n meelbestrooide oppervlak tot 'n gladde, elastiese deeg. Sit in 'n bak wat gesmeer is met olie en draai toe in kleefplastiek. Laat rus op 'n warm plek tot dubbel die volume, sowat 30 - 45 minute. Kry intussen die kole reg. Dit moenie te warm wees nie - jy moet jou hand sowat 20 sekondes bo die kole kan hou. Deel deeg in growwe stukke van sowat 100 g of groter. Druk effens plat en laat weer rys op 'n meelbestrooide bord vir 10 minute. Braai stadig oor warm kole tot goudbruin en gaar, sowat 8 minute per kant. Sit warm voor met botter, konfyt en kaas.

Wenk: Jy kan die deeg ook by jou naaste supermark se bakkery koop.