(6 porsies)

  • 2 eiers
  • 4 groot aartappels, geskil
  • 6 hande vol roket
  • 50 g gerasperde Parmesaan-kaas
  • 6 eiers
  • Olyfolie

Rasper die aartappels. Roer die 2 eiers deur die aartappel. Geur met 5 ml sout en vars gemaalde swartpeper. Verhit olyfolie in pan en skep groot lepels van die aartappelmengsel in die pan. Dit moet ’n koekie vorm. Verlaag die hitte en braai tot bruin aan die een kant. Draai versigtig met ’n eierspaan om en braai aan die ander kant. Sorg dat die aartappels sag en gaar is. Posjeer die eiers in kookwater. Sit ’n hand vol roket op elke rösti-porsie en plaas die geposjeerde eier bo-op. Sprinkel met Parmesaan-kaas en maal swartpeper oor.